Sluit in CD met Paddaroepe. Paddas en Paddajolyt bied natuurliefhebbers 'n gebruikersvriendelike en praktiese bekendstelling aan paddas. Die inligting in die titel is gebaseer op die nuutste klassifikasie. Verder bied dit: Identifikasie en beskrywing van alle paddas Suid van die 22 breedtegraad; 'n afdeling oor paddabiologie en gedrag; leiding oor die fotografering van paddas asook die maak van klank - opnames van roepe; inligting oor hoe om paddas na tuine te lok met idees vir projekte soos die bou van 'n paddavriendelikke tuindam; leiding oor die verskeidenheid paddas wat in elke tipe habitat verwag kan word; kleurvolle fotos en verspreidingskaarte vir elke spesie; 'n Sleutel tot op spesievlak asook 'n paddavissleutel tot genusvlak; 'n CD in MP3 formaat met al 115 roepe wat beskikbaar is. Dit bied 'n baie betroubare manier om paddas te identifiseer.
Publisher: Random Struik
Publication date:2011
Pages: 108
Weight: 265g