Bakgat Braai is nie net ‘n resepte boek nie, maar eerder ‘n wonderlike versameling geillustreerde resepte en idees om gewone braaivleis meer opwindend te maak, en om die tye om die vuur ‘n sosiale hoogtepunt vir almal te maak. Dis dalk nie ‘n boek vir die ernstige sjef nie, maar dit is beslis vir die ernstige braaier!
Die inhoud sluit onder andere in: Basiese bestanddele; Ken jou vleis; Die vuur; Braai wenke; Marinades en souse; Burgers; Kebabs; Wors; Potjiekos, Vis en Gunsteling resepte.
'n Wonderlike geskenk vir enige een wat braai ernstig opvat!