Free shipping on order over R390
Die druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hê hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken.
En asof dít nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai.
Sy lewe is ’n riller!
Dan ontdek hy ’n pakkie suurwurms, en dit gee hom ’n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fliek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?
Publisher: Penguin Random House South Africa Publication date:2019
Pages: 217 Weight: 180g
Format: Softcover