Die boek bied meertalige leerlinge die geleentheid om deur middel van 'n verskeidenheid gedigte, prosa- en toneelstukke oor allerlei onderwerpe met Afrikaans kennis te maak. Omdat omgang met taal op die vlak genotvol moet wees, is deeglik rekening gehou met die jong lesers se ervaringswereld en taalvaardigheid.