As die pad na versoening deur 'n land se maag loop, is Evita se boek die resep vir vrede. Die hele land – en die wye wereld – word na haar tafel genooi waar almal saam kan smul aan geregte soos soet-en-suur pereluitjies, aspersiekombersies, groenboontjiebredie en komynhoender met soetpatats. Wie kan skel en baklei met 'n mond vol okkerneutbolletjies of pampoenkoekies of gebakte appelnarre? Liewe aarde, na 'n rojale porsie rooiwynkonyn of tarentaal met sultanas en hanepoot kan daar net broederskap volg. Maar Tannie het aan alles gedink, want daar is ook resepte vir diabete en vegetariers, kosjer en halaal-resepte, en selfs resepte vir so 'n fietse lyf soos hare. Vir kleingoed, pieknie