Free shipping on order over R390
Kom ons wees 'n slag eerlik - gebed is vermoeiend, soms vervelend, lastig. Ons verwelkom elke verskoning om nie te hoef te bid nie. Ons is traag om te begin en verlig as ons klaar is. Wanneer on s bid - maar nie wanneer ons 'n lekker boek lees of 'n blokraaisel doen nie - is die onbenulligste dingetjie genoeg om ons aandag af te trek.
Dit is waaroor hierdie boek handel. Met teologiese diepgang, met integriteit, in haar kenmerkende literer bekroonde skryfstyl, bied Maretha Maartens 'n praktyk-beproefde gebedsgids, wat u lewe kan verander.
Publisher: Lux Verbi Publication date:1991 Pages: 71 Weight: 140g