Free shipping on order over R390
Jy is gedrewe. Jy het groot planne en drome. Jy vra baie van jouself, en jy pluk die vrugte daarvan. As iemand wat dinge laat gebeur, is jy die persoon wat die mikpunte bepaal, die persoon wat die toekennings wen. Jy het nog altyd gedoen wat van jou verwag word - en ja, jy is die een wat in die moeilikheid gekom het oor iets wat een van jou jonger broers of susters gedoen het. Om die eersgeborene te wees kom teen 'n geweldig prys, en jy is jou eie grootste kritiku. Maar hier is vir jou nuus: dit hoef nie so te wees nie. Jy kan leer om jou vaardighede as eersgeborene in elke aspek van jou lewe tot jou voordeel te gebruik. In hierdie fassinerende boek wys Dr Kevin Leman, topverkoper-outeur en sielkundige jou hoe om dit reg te kry.
Publisher: Christelike Uitgewersmaatskapy Publication date: 2011 Pages: 272 Weight: 350g