You have no items in your shopping cart.
Shopping Cart
No items added.

Free shipping on order over R390

Navigation

Hallo, Lewe!

Availability: In stock
SKU: 9780620477932
Quick overview Tanya O' Connor
*
R 25.00

Ek het sewe jaar gelede begin lewe, die dag toe my man in my arms dood is! Ek moes kies: lewe ek of le ek? Vir Tanya was die dood deel van haar lewe sedert sy 18 jaar oud was. Haar ma, pa, ouma en eerste man, Tony, is oor 'n tydperk van 12 jaar oorlede. Sy was ook in 'n ernstige perdry-ongeluk wat haar haar reuksintuig ontneem het nadat 'n perd haar aan haar voet gesleep het. Saam met Tony het sy motorfietse, motors en spoed leer ken en ervaar, maar dit het sy dood veroorsaak; Tony sterf in haar arms na 'n motorfiets-ongeluk. Die oggend toe sy sy lyk moes gaan uitken, besluit sy om haar gesig te verf vir die lewe. Dit raak 'n leefwyse. Sy gebruik wat om haar is om 'n pleister oor haar hart te plak. Sy pak 'n nuwe lewe aan en ontmoet haar tweede groot liefde, Paddy. "My lyf se totsiens aan ons eerste baba, wie se hartjie op ag weke op 'n skerm ophou klop. Ek het die bliep sien stop." Tanya begin skryf en ervaar die terapie wat dit meebring. Sy raak weer swanger en op 41 word sy ma van klein Rory. Hallo Lewe vertel van haar pyn, ontnugtering, vreugdes en passies. En deur haar leer jy: Maak nie saak watter trauma jy ervaar nie, verf jou gesig en omhels die lewe! In Hallo Lewe gaan Tanya "oomblikke met jou deel. Kopoopskiet-, tussen-die-oe-waarheid-oomblikke van hartseer, trauma, geluk en vrede; lewensoortuiginge en lewenslesse wat vir my gewerk het. My verlede is elke dag vir my 'n kopoopskieter sodat ek met ander oe kan kyk na wat om my gebeur." Tanya het hierdie ervarings op 'n blog met ander gedeel. "'n Blog is jou opinie en jou uitkyk op jou dag en jou lewe. Dit is 'n daaglikse gesels met jouself." Hier is haar lewe elke dag...

Publisher: Naledi
Publication date:2010

Pages: 155
Weight: 239g

Format: Softcover

Product description

Publisher: Naledi
Publication date:2010

Pages: 155
Weight: 239g

Format: Softcover

Additional information
payment gateways