You have no items in your shopping cart.
Shopping Cart
No items added.

Free shipping on order over R375

Navigation

I-Tjieng 'n GPS vir Verdwaalde Siele

Availability: In stock
SKU: 9780143538462
Quick overview Softcover
Koos Kombuis
*
R 150,00

Hierdie boek dui die weg na insig aan. Dit praat twee tale, antiek en modern. Antiek, want dit verduidelik 'n metode om dieper wysheid te raadpleeg wat teruggaan na die Sjinese filosoof Confucius in die newels van die tyd. Modern, want dit is in vandag se Afrikaans, so kleurryk en lewendig soos wat net Koos Kombuis dit kan praat. Die I Ching, of "Boek van veranderings", word al vir meer as 21 eeue in die Ooste gebruik, en is sedert die 19de eeu tot vandag toe ook in die Weste 'n wyd geraadpleegde bron. Deur verskillende metodes word jy gelei na simbole waar die verstandige weg in haas enige lewensituasie in metaforiese taal vir jou beduie word. Ten diepste kom die I Ching neer op selfinsig - die wysheid waaroor jy onbewustelik beskik, en wat tap van dit wat Carl Jung die kollektiewe onbewuste noem. Groot Afrikaanse figure was en is gebruikers hiervan. In i-Tjieng praat hierdie wysheid jou taal: ligvoets en humoristies, maar doodernstig oor die feit dat baie mense vandag verlore voel en blindweg tas na 'n pad. Dit is jou "GPS vir verdwaalde siele".

Publisher: Penguin Books
Publication date:2013
Pages: 166
Weight: 205g

Product description

Publisher: Penguin Books
Publication date:2013
Pages: 166
Weight: 205g

Additional information
payment gateways