You have no items in your shopping cart.
Shopping Cart
No items added.

Free shipping on order over R390

Navigation

Sorry - this product is no longer available

Jagveld en ander Draaiboeke

Availability: Out of stock
SKU: 9780798175708
Quick overview Softcover
Deon Meyer
*
R288,00

Vir die eerste keer is vier van Deon Meyer se Afrikaanse filmdraaiboeke nou saam gebundel.
Jakhalsdans:
Die jong weduwee en onderwyseres Mara Malan wil keer dat die skooltjie op Loxton sy deure sluit. ’n Musiekkonsert kan uitkoms bring, maar Ruan Landman, die beroemde sanger wat hier woon en die ideale hoofkunstenaar sou wees, het ontaard in ’n stuurs kluisenaar.

Die laaste tango:
Ná hy die boosaardige reeksmoordenaar Basson aanrand, word werkverslaafde speurder Herkules de Wet na ’n klein dorpie gestuur om te gaan afkoel. Hier ontmoet hy vir Ella Winter, ’n mooi, passievolle vrou wat sterwend is aan kanker. Op die nag van hul laaste dans saam, maak Basson sy opwagting op die dorp.

Die ballade van Robbie de Wee:
Voorheen suksesvolle musiekvervaardiger Len van Jaarsveld het in volslae ellende verval. Sy ontdekking van die briljante rockster Robbie de Wee bied aan hom ’n tweede, lááste kans, maar net toe Len behoorlik op sy voete begin kom, dreig die dood van ’n jong meisie om alles weer in duie te laat stort.

Jagveld:
Die gewetenlose Bosman se bevele word áltyd deur sy manne uitgevoer, meedoënloos. Maar nou het Emma gesien wat hulle gedoen het . . . en word sy hier in die Groot-Karoo soos ’n dier gejag. Tog skuil daar ’n donkerte agter haar oë wat hulle nie verwag het nie . . .

Publisher: Human & Rousseau
Publication date:2017
Pages: 453
Weight: 570g

Product description

Publisher: Human & Rousseau
Publication date:2017
Pages: 453
Weight: 570g

Additional information
payment gateways