Nick Kleynhans het haar nie as sy sekretaresse gekies nie. Hy verkies meisies met skraps klere en opgesmukte grimering. Elspeth weet goed Nick het haar teen sy sin aangestel. Sy weet ook dat hy van jong meisies hou, hulle manipuleer, 'n bietjie bederf... en dan eenkant toe stamp. Karen het haar gewaarsku. En dis die mooi vrou wat vir haar aanstelling verantwoordelik is. Maar Elspeth byt vas, onthou hoekom sy hier is. Oor die pyplyn sendingstasie toe. Oor water in die boendoe. Waar sy volgens Nick vandaan kom. Hy kan maar sy rol speel. Sy sal nie oopoog in sy strikkie inloop nie. Al wilsy ook hoe graag.