Free shipping on order over R390
Die verskil tussen mense wat presteer en gemiddelde mense is hul reaksie op mislukking. John C Maxwell leer eenvoudige beginsels om mislukking te bowe te kom. Hy gee vyftien stappe om jou te help om te presteer en motiveer jou deur middel van ware verhale. Misluk suksesvol dek die mees algemene oorsake van mislukking en gee raad oor hoe om vrees te beheer en nie daardeur beheer te word nie. Lesers sal ontdek dat positiewe voordele uit negatiewe ervaringe kan voortspruit indien die regte houding ingeneem word. Misluk suksesvol is ‘n strategiese gids vir mans en vroue om hulle te help om verby hul mislukkings te beweeg om sodoende hul ware potensiaal te bereik. Dit is waar die pad na sukses deur die land van mislukking loop. Bekendes soos George Bernard Shaw, Moeder Teresa en die Wright-broers het almal mislukking ervaar en geleer hoe om dit te omskep in ‘n tree nader aan sukses. Lerierskap kenner Peter Drucker sê: ‘The better a man is, the more mistakes he will make, for the more new things he will try.’
Publisher: Struik Christelike Boeke Publication date:2000 Pages: 193 Weight: 310g