You have no items in your shopping cart.
Shopping Cart
No items added.

Free shipping on order over R375

Navigation

Voluit Menswees

Availability: In stock
SKU: 9780620469319
Quick overview Hardcover
Riekert Botha
*
R 60,00

Dit was onvermydelik dat Riekert Botha 'n dagboek sou skryf. Sy radiopraatjies en sy boeke Pleisters vir die siel 1 en 2 het sy lesers se belangstelling geprikkel om Riekert en die God wat hy aanbid en waarvoor hy so lief is, beter te leer ken. In Voluit menswees skryf Riekert op 'n vars en nuwe manier in sy kenmerkende styl en begelei hy sy lesers elke dag van die jaar op die geloofspad. Oor wedergeboorte skryf hy: "Gehoorsaamheid aan God begin deur na Jesus te draai om verlossing. Ons is so vasgeval in duisternis dat ons onmoontlik aan God gehoorsaam kan wees. As ons na Jesus gryp, bring Hy verlossing van die donkerheid. Jesus bring die nuwe lewe en hoop. Jesus restoureer ons vermoe om God se stem te hoor en aan Hom gehoorsaam te wees. Jesus noem dit die 'wedergeboorte.'" Al Riekert se uitsprake is op die Bybel gegrond, en in die dagstukkies word daar na verskeie Bybeltekste verwys om sy standpunt te staaf. Die leser sal daarby baat om met die lees van die dagstuk die teksverwysings in die Bybel op te soek. Sodoende leer 'n mens die Bybel ken, want geen boek kan die Bybel vervang nie. Elke dagstuk eindig met 'n toepaslike pleister; 366 pleisters vir die hartseer van die wereld; pleisters wat vertroos en genees en moed vir die lewe gee. Riekert leef volgens die riglyn: As ons God wil beleef moet ons Jesus beleef. Jesus is die enigste Persoon wat nog ooit vir God gesien het, want Jesus le op die bors van God (Joh 1:18, 1953).

Publisher: Naledi
Publication date:2011
Pages: 366
Weight: 610g

Product description

Publisher: Naledi
Publication date:2011
Pages: 366
Weight: 610g

Additional information
payment gateways